| kinderbeskerming [boodskap #142366] |
Do., 29 Junie 2023 19:03 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24175 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kinderbeskerming
Afbreking: kin•der•be•sker•ming
Samestelling: kind + -er- + beskerming
Selfstandige naamwoord: kinderbeskerming
Meervoud: –
Betekenis:
• Die beskerming van kinders en bekamping van kinderverwaarlosing, -mishandeling en -uitbuiting.
Gebruik:
• Ondanks die regering en die openbare sektor se beste pogings tot kinderbeskerming, bly die kinders in ons gemeenskappe steeds blootgestel en weerloos.
Afgelei:
• kinderbeskermingsweek
• kinderbeskermingsorganisasie
Vertaling:
Engels: child protection
Nederlands: kinderbescherming
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|