| kalklig [boodskap #142337] |
Wo., 28 Junie 2023 07:58 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24308 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kalklig
Afbreking: kalk•lig
Samestelling: kalk + lig
Selfstandige naamwoord: kalklig
Meervoud: kalkligte
Verkleinwoord: kalkliggie
Meervoud van verkleining: kalkliggies
Betekenis:
• Die intense wit lig van ongebluste kalk wat brand.
• (figuurlik) Iets wat op die voorgrond is; in die publieke oog, wat die aandag steel.
Gebruik:
• Kalklig is vroeër in teaters vir beligting gebruik.
• Sy steel die kalklig met haar rooi rok.
Sinoniem:
• aandag
• beligting
• blootstelling
• faam
• kollig
• soeklig
Afgelei:
• kalkligapparaat
• kalkligvertoning
• kalkligvoorlesing
Vertaling:
Engels: limelight
Nederlands: kalklicht
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|