| amoreel [boodskap #142327] |
Di., 27 Junie 2023 18:14 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 27255 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
amoreel
Afbreking: a•mo•reel
Samestelling: a- + moreel
Byvoeglike naamwoord: amoreel
Attributief: amorele
Betekenis:
• Met geen moraliteit; sonder besef van wat reg en verkeerd is.
• (informeel) Wat teen die heersende sedes en moreel is; sien immoreel.
Gebruik:
• Alkohol as stof of materie is amoreel. 'n Baba is amoreel in die sin dat hy of sy nog geen morele besef het voordat hy of sy oor moraliteit opgevoed is nie.
• Politiek kan soms vieslik vuil en amoreel wees.
Verwant:
• immoreel
Vertaling:
Engels: amoral
Nederlands: amoreel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|