Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » amoreel
amoreel [boodskap #142327] Di, 27 Junie 2023 18:14
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19422
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
amoreel
Afbreking: a•mo•reel
Samestelling: a- + moreel


Byvoeglike naamwoord: amoreel
Attributief: amorele

Betekenis:
• Met geen moraliteit; sonder besef van wat reg en verkeerd is.
• (informeel) Wat teen die heersende sedes en moreel is; sien immoreel.

Gebruik:
• Alkohol as stof, as materie, is amoreel. 'n Baba is amoreel in die dat hy/sy geen morele sin het voordat hy/sy nie aangaande die morele opgevoed is nie.
• Politiek kan soms vieslik vuil en amoreel wees.

Verwant:
• immoreel

Vertaling:
Engels: amoral
Nederlands: amoreel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: torring
Volgende onderwerp: terugdeins
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 02:02:07 MGT 2024