| skietgeveg [boodskap #142300] |
Ma., 26 Junie 2023 07:29 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24234 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skietgeveg
Afbreking: skiet•ge•veg
Samestelling: skiet + geveg
Selfstandige naamwoord: skietgeveg
Meervoud: skietgevegte
Verkleinwoord: skietgeveggie
Meervoud van verkleining: skietgeveggies
Betekenis:
• 'n Geveg waar mense met vuurwapens op mekaar skiet.
Gebruik:
• Die polisie is na die sjebeen ontbied en 'n skietgeveg het gevolg.
Vertaling:
Engels: gun battle, shootout
Nederlands: vuurgevecht, schietpartij
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|