Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verligting
verligting [boodskap #142236] Di., 20 Junie 2023 21:02
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24180
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verligting
Afbreking: ver•lig•ting
Samestelling: verlig(t) + -ing


Selfstandige naamwoord: verligting
Meervoud:

Betekenis:
• Die handeling om iets meer draaglik en minder swaar en maak.
• Die handeling om ligter (i.p.v. donkerder) te maak.

Gebruik:
• Die reën bring broodnodige verligting.
• Vuur was vir die oermens 'n hulpmiddel vir kosmaak, verhitting en die verligting van donker plekke.

Spreekwoord:
• Slaak 'n sug van verligting. ['n Dankbare verlossing van spanning of bekommernis.]

Sinoniem:
• uitkoms
• vergemakliking
• verlossing
• versagting
• vertroosting
• beligting
• illuminasie
• opheldering

Antoniem:
• verergering
• verdonkering
• verduistering

Hiponiem:
• drukverligting
• gasverligting
• neonverligting
• pynverligting
• refleksverligting
• reklameverligting
• skuilverligting
• straatverligting

Afgelei:
• verligtingsaanleg
• verligtingsapparaat
• verligtingsbron
• verligtingsdeskundige
• verligtingsfotometer
• verligtingsinstallasie
• verligtingintensiteit
• verligtingsmiddel
• verligtingsterkte
• verligtingstoestel
• verligtingsvermoë

Vertaling:
Engels: alleviation, relief, comfort; lighting, illumination
Nederlands: verlichting

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: begeerlik
Volgende onderwerp: ondermeer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Des. 24 13:32:11 UTC 2025