| dwergadder [boodskap #142209] |
Ma., 19 Junie 2023 10:26 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die ongemerkte bergadder, as voorbeeld van 'n dwergadder.
dwergadder
Afbreking: dwerg•ad•der
Samestelling: dwerg + adder
Selfstandige naamwoord: dwergadder
Meervoud: dwergadders
Verkleinwoord: dwergaddertjie
Meervoud van verkleining: dwergaddertjies
Betekenis:
• Een van sewe kleiner adders in die genus Bitis wat tussen 25 en 35 cm lank word.
Gebruik:
• 'n Dwergadder se byt is pynlik, maar selde lewensgevaarlik.
Hiponiem:
• Albanie-adder
• horingsman
• ongemerkte bergadder
• rooiadder
• suidelike adder
• veelhoringadder
• woestynbergadder
Vertaling:
Engels: dwarf viper, pygmy viper
Nederlands: dwergadder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|