Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bioom
bioom [boodskap #141902] Wo., 24 Mei 2023 08:42
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24185
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bioom
Afbreking: bi•oom


Selfstandige naamwoord: bioom
Meervoud: biome
Verkleinwoord: bioompie
Meervoud van verkleining: bioompies

Betekenis:
• 'n Groot geografiese uitgestrektheid met 'n relatief homogene plantegroei en gepaardgaande dierelewe.

Gebruik:
• Die ses primêre biome is: tropiese bosse, loofbosse, naaldbosse, graslande, woestyne en toendra's.
• Suid-Afrika het 9 biome, geklassifiseer volgens die dominerende plantegroei wat daar voorkom.

Sinoniem:
• vegetasiegordel

Hiponiem:
• mikrobioom
• varswaterbioom

Vertaling:
Engels: biome
Nederlands: bioom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: Durban
Volgende onderwerp: tipies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do. Des. 25 16:56:49 UTC 2025