| skoorsoekerig [boodskap #141830] |
Sa., 13 Mei 2023 13:21 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24311 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skoorsoekerig
Afbreking: skoor•soe•ke•rig
Samestelling: skoorsoek + -erig
Byvoeglike naamwoord: skoorsoekerig
Attributief: skoorsoekerige
Betekenis:
• Wat skoor soek.
Gebruik:
• Is ons besig om 'n nuwe generasie van parmantige en skoorsoekerige snuiters groot te maak?
Sinoniem:
• bakleierig
• oorlogsugtig
• strydlustig
• twissiek
• twissoekerig
• uitdagend
• veglustig
Afgelei:
• skoorsoekerigheid
Vertaling:
Engels: combative, quarrelsome
Nederlands: ruziezoekend, strijdlustig, twistziek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|