| meriete [boodskap #141602] |
Vr., 21 April 2023 11:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24311 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
meriete
Afbreking: me•rie•te
Selfstandige naamwoord: meriete
Meervoud: –
Betekenis:
• Die waarde of gehalte van iets.
Gebruik:
• Die voorstel het tog meriete.
• Ongelukkig word aanstellings nie meer volgens meriete gemaak nie.
Sinoniem:
• gehalte
• kwaliteit
• prestasie
• verdienste
• verdienstelikheid
• voortreflikheid
• waarde
• wenslikheid
Afgelei:
• merietebeoordeling
• merieteverhoging
Vertaling:
Engels: merits
Nederlands: merite, verdienste
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|