| fieterjasie [boodskap #141524] |
So., 09 April 2023 18:09 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24233 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
fieterjasie
Afbreking: fie•ter•ja•sie
Selfstandige naamwoord: fieterjasie
Meervoud: fieterjasies
Verkleinwoord: fieterjasietjie
Meervoud van verkleining: fieterjasietjies
Betekenis:
• 'n Aanstellerigheid aan iemand.
• 'n Onnodige versiering of bykomstigheid.
Gebruik:
• Sy is 'n plaasmeisie met geen fieterjasies nie.
• Vanaand maak ons eenvoudige kos sonder fieterjasies.
Sinoniem:
• fiemies
• gril
• katoeter
• nuk
• streek
• tierlantyntjie
• tooisel
Vertaling:
Engels: frill
Nederlands: franje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|