| bolkeil [boodskap #141471] |
So., 02 April 2023 10:42 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Man met 'n bolkeil op die kop.
bolkeil
Afbreking: bol•keil
Samestelling: bol + keil
Selfstandige naamwoord: bolkeil
Meervoud: bolkeile
Verkleinwoord: bolkeiltjie
Meervoud van verkleining: bolkeiltjies
Betekenis:
• 'n Ronde, bolvormige hoed.
Gebruik:
• Die dominee is netjies aangetrek met 'n onderbaadjie en 'n bolkeil op die kop.
Sinoniem:
• bolhoed
• dophoed
Afgelei:
• hardebolkeil
Verwant:
• pluiskeil
Spelfout:
• bolkuil
Vertaling:
Engels: bowler hat
Nederlands: bolhoed
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|