| agterop [boodskap #141455] |
Vr., 31 Maart 2023 18:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
agterop
Afbreking: agter•op
Samestelling: agter + op
Bywoord: agterop
Betekenis:
• Op die agterkant.
Gebruik:
• Gooi sommer die streepsak agterop.
• Jy moet die dokument agterop teken.
Antoniem:
• voorop
Vertaling:
Engels: behind, at the back, in the rear
Nederlands: achterop
Nota:
• "Agterop" is ook 'n deelwoord van verskeie skeibare werkwoorde, soos agteropsit, agteroploop, agteropskop, ens.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|