| meulsteen [boodskap #141421] |
Ma., 27 Maart 2023 14:04 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24323 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Ou meulstene.
meulsteen
Afbreking: meul•steen
Samestelling: meul + steen
Selfstandige naamwoord: meulsteen
Meervoud: meulstene
Verkleinwoord: meulsteentjie
Meervoud van verkleining: meulsteentjies
Betekenis:
• 'n Draaiende skyf van klip wat in 'n meule gebruik word om mee te maal.
Gebruik:
• 'n Meulsteen word gebruik om graankorrels tot meel te maal en die olie uit olywe te pers.
Spreekwoord:
• 'n Meulsteen om iemand se nek wees. [n Las, 'n probleem wees.]
Sinoniem:
• maalsteen
Vertaling:
Engels: millstone
Nederlands: molensteen, maalsteen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|