| borsgleuf [boodskap #141284] |
So., 12 Maart 2023 07:14 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24160 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
borsgleuf
Afbreking: bors•gleuf
Samestelling: bors + gleuf
Selfstandige naamwoord: borsgleuf
Meervoud: borsgleuwe
Verkleinwoord: borsgleufie
Meervoud van verkleining: borsgleufies
Betekenis:
• Gleuf tussen die borste, wat veral met 'n lae hals uitgestal word.
Gebruik:
• Sy is mollig met 'n prominente borsgleuf wat die koppe laat draai.
Sinoniem:
• borskloof
• kliewing
• koggelklofie
• pramkloof
• prampoortjie
• pronkvoortjie
• tietsloot
Vertaling:
Engels: cleavage
Nederlands: decolleté
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|