| keiappel [boodskap #141283] |
Sa., 11 Maart 2023 19:39 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Keiappel
keiappel
Afbreking: kei•ap•pel
Samestelling: kei + appel
Selfstandige naamwoord: keiappel
Meervoud: keiappels
Verkleinwoord: keiappeltjie
Meervoud van verkleining: keiappeltjies
Betekenis:
• Struik of boompie inheems aan Suider-Afrika wat as heinings aangeplant word, Dovyalis caffra.
Gebruik:
• Die keiappel se vrugte lyk soos klein appeltjies, waarvan jellie en konfyt gemaak word.
Wisselvorm:
• kei-appel
Afgelei:
• keiappelheining
Vertaling:
Engels: kei apple
Nederlands: kei-appel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|