| gehoorbeentjie [boodskap #141277] |
Sa., 11 Maart 2023 09:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die gehoorbeentjies.
gehoorbeentjie
Afbreking: ge•hoor•been•tjie
Samestelling: gehoor + been + -tjie
Selfstandige naamwoord: gehoorbeentjie
Meervoud: gehoorbeentjies
Betekenis:
• Een van drie klein beentjies in 'n soogdier se middeloor.
Gebruik:
• Die gehoorbeentjies is die drie kleinste en mees delikate bene in 'n mens se liggaam.
Sinoniem:
• oorbeentjie
Hiponiem:
• aambeeld (inkus)
• hamer (malleus)
• stiebeuel (stapes)
Vertaling:
Engels: auditory ossicle
Nederlands: gehoorbeentje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|