Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Leendert vra: wat is Apartheid?
Leendert vra: wat is Apartheid? [boodskap #14116] Ma, 27 April 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Wel, Leendert, ek weet dis 'n lokval. Jy wil
hê ek moet vir jou "apartheid" "verduidelik." Dan
het jy nou 'n kans om vir almal jou nuutgewas- en
gestrykte konsep van apartheid voor te lê. Op so 'n
manier voel jy dan "beter" oor wat die afgelope half-
eeu in SA gebeur het.
Ongelukkig, Leendert, is dit nou 1998 en nie
1948 nie. Aanvanklik het die mense wat "apartheid"
verkondig het, dit voorgestel as 'n nuwe bedeling wat
die probleme sou oplos van die vorige halfeeu. Maar
baie gou het dit geblyk dat die agenda iets anders is.
Vroeg in die vyftigerjare het daar 'n klomp wette ver-
skyn wat dit duidelik gemaak het dat almal wat nie "wit"
is nie net in sekere plekke kan bly, nie kan trou met wie
hulle wil nie, nie kan studeer waar hulle wil nie, en so
aan en so aan en so aan. Eers het die SA bevolking wat
nie "blank" was nie deur die howe probeer om sake te
probeer verander. Maar toe dit lyk asof niks help nie, het
hulle 'n baie laegraadse burgeroorlog begin.
Dinge het al slegter geraak in die sestigerjare. Teen die
1970's en 1980's was almal wat nog Christelike beginsels
gehad het, al teen die sisteem gekant. Maar daar was so 'n
duiwelse netwerk van skobbejakke wat die land geterroriseer
het, dat dit lank geneem het voordat die "Broederbond" self
gesien het dat dinge nou hand uitruk en stappe gedoen het
om dinge weer te normaliseer: dit wil sê om 'n atmosfeer
te skep waar demokratiese magte kon oorneem en die land
red van die boelies wat 'n fascistiese staat geskep het. 'n
Soort van staatsgreep het PW Botha uit die saal gelig. Later
het dinge hulle verloop geneem. Aanvanklik het de Klerk
ook maar seker gedink hy kan sy draaie gooi en nog die mag
in hande hou. Die geskiedenis vertel ons egter dat hy nie
geslaag het nie. Dis daarom dat in 1998 ons nou in SA 'n
bedeling het wat nader lyk aan 'n demokratiese staat as
wat die geval was in die laaste paar eeue.
Natuurlik is die sosio-politieke en ekonomiese toestande
in SA op die oomblik in 'n warrelwindtoestand - die mense
wat "apartheid" ontwerp en die mense wat dit in stand gehou
het, het direk hand daarby dat daar 'n vryheidsbeweging onder
die nie-blankes ontstaan het. Jy het dus nou die toestand dat
vorige vryheidsvegters 'n land moet regeer (omdat hulle die
sterkste party is.) Miskien, as die mense wat so in "apartheid"
geglo het in die middel van die eeu, kon sien wat in die toe-
koms sou gebeur, sou hulle tweekeer gedink het voordat hul
vir hul kinders die bed van spykers ontwerp het waarop hulle
nou moet lê. Miskien moes hulle in 1948 op hulle knieë
gegaan het en die Vader se leiding gevra het. Dan het SA
miskien met reg en geregtigheid ontwikkel in 'n staat waar
dit nie nodig was vir 'n burgeroorlog om uit te breek nie.

Gloudina
Vorige onderwerp: Regstellende Aksie of Wettige Rassisme?
Volgende onderwerp: Van Zyl Slabbert oor die hekstegniek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 13:33:37 MGT 2024