| Levitikus [boodskap #141139] |
So., 19 Februarie 2023 11:44 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 26357 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 5
|
Senior Lid |
|
|
Levitikus
Afbreking: Le•vi•ti•kus
Uitspraak: /le'vitikus/
Selfstandige naamwoord: Levitikus
Meervoud: –
Betekenis:
• Die derde boek van die Bybel.
Gebruik:
• Levitikus handel oor die mens se benadering tot God en bevat voorskrifte vir die priesters en die Leviete wat 'n belangrike funksie in Israel se godsdiens gespeel het.
Afkorting:
• Lev.
Hiperoniem:
• Bybelboek
Holoniem:
• Ou Testament
Vertaling:
Engels: Leviticus
Nederlands: Leviticus
Nota:
• Van Grieks το Λευιτικόν βιβλίον, "boek van die Leviete"; Hebreeus ויקרא, wajikra, "en hy het geroep".
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|