| sedan [boodskap #141111] |
Di., 14 Februarie 2023 20:05 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die pilaaruitleg van 'n sedan (bo), stasiewa en luikrug (onder).
sedan
Afbreking: se•dan
Selfstandige naamwoord: sedan
Meervoud: sedans
Verkleinwoord: sedantjie
Meervoud van verkleining: sedantjies
Betekenis:
• 'n Motor met vier (of meer) sitplekke en drie aparte kompartemente vir die enjin, insittendes en bagasie.
Gebruik:
• Hoewel 'n sedan tradisioneel vier deur het, is daar ook modelle met twee deure.
Sinoniem:
• sedanmotor
Vertaling:
Engels: sedan, saloon
Nederlands: sedan
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|