Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Afrikaanse kookkuns
Afrikaanse kookkuns [boodskap #14080] So, 26 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Op 'n ligter noot, het ek dit goedgedink om julle bekend te stel aan die
kookvernuf van Richard van der Westhuizen.

Vir die wat dalk nie weet nie, Richard is 'n sanger en akteur, tans te sien
in 'n televisiedrama, getiteld, Samaritaan. Hy sing gewoonlik saam met
Lochner de Kock, wat 'n vermaarde kok is, en sy eie kookrubriek in Beeld
het.

Richard vertel in gister se Beeld van sy eie kookvermoee":

"Ek ken net een resep en hy is baie eenvoudig. Jy soek vir jou 'n lekker
doringboom uit. Dan krap jy in sy koelte vir jou 'n stukkie grond skoon, pak
'n klomp stompe op mekaar en steek hulle aan die brand. En as hulle kole
gemaak het, sit jy vir jou 'n rooster met vleis daarop en braai dit. Dit is
my totale kennis van kos maak. En dis vir my genoeg."

Durf ek meer sê?

Groete

--

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Afrikaanse kookkuns [boodskap #14110 is 'n antwoord op boodskap #14080] Ma, 27 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
arno  is tans af-lyn  arno
Boodskappe: 29
Geregistreer: Maart 1998
Karma: 0
Junior Lid
hoi henri

wat bedoel je met afrika is nie voor sissies nie
what do you mean about that??????

bye arno
Vorige onderwerp: Re: Boerekos.
Volgende onderwerp: Resepte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 13:45:27 MGT 2024