Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "Prosessie" deur MARIA ROSSOUW
"Prosessie" deur MARIA ROSSOUW [boodskap #14104] |
Ma., 27 April 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2171 Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
PROSESSIE
Maria Rossouw
Ek is die een
wat die klokkie lui
in die prosessie.
Ek is die een wat,
wanneer voëls in die lente
eroties fluit
en die sade en die muggies
vloei en stoei,
weet wat gedoen moet word.
Ek is die een wat
die brein ingaan,
die impuls bring,
by die sinapse spring
en die afstand meet
na die volgende sinaps.
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: So. Apr. 20 21:24:50 UTC 2025
|