| korvee [boodskap #141001] |
Vr., 03 Februarie 2023 13:51 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24202 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
korvee
Afbreking: kor•vee
Selfstandige naamwoord: korvee
Meervoud: –
Betekenis:
• Lastige werk/ herhalende take wat dikwels in rotasie en sonder betaling onder werkers verdeel word, of mense wat sulke take verrig.
Gebruik:
• Sy werk in die biblioteek en help met die korvee tydens atletiek.
Afgelei:
• korveedrag
• korveespan
• korveetake
• korveewerk
Vertaling:
Engels: corvée
Nederlands: corvee
Nota:
• Van Latyns, corrogare, oproep vir diens.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|