| roerbraai [boodskap #140974] |
Sa., 28 Januarie 2023 19:17 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24208 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Roerbraai.
roerbraai
Afbreking: roer•braai
Samestelling: roer + braai
Selfstandige naamwoord: roerbraai
Meervoud: roerbraaie
Verkleinwoord: roerbraaitjie
Meervoud van verkleining: roerbraaitjies
Betekenis:
• Kooktegniek waar repies vleis en groente teen 'n hoë temperatuur gaargemaak word.
Gebruik:
• Ons maak sommer 'n roerbraai.
Afgelei:
• roerbraaigereg
• roerbraaigroente
Vertaling:
Engels: stir-fry
Nederlands: roerbakgerecht
Werkwoord: roerbraai
Verlede tyd: het geroerbraai
Betekenis:
• Om repies vleis en groente teen 'n hoë temperatuur gaar te maak.
Gebruik:
• Roerbraai die gereg tot dit na smaak gaar is.
Vertaling:
Engels: to stir-fry
Nederlands: roerbakken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|