| seboe [boodskap #140963] |
Sa., 28 Januarie 2023 08:13 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24308 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Seboe.
seboe
Afbreking: se•boe
Selfstandige naamwoord: seboe
Meervoud: seboes
Betekenis:
• 'n Soort bees, verwant is aan die Afrikanerbees en die Brahman, Bos primigenius indicus.
Gebruik:
• Die seboe word uitgeken aan sy karakteristieke vethomp op sy skouers, hangore en 'n groot keelvel.
Wisselvorm:
• zeboe
Sinoniem:
• bultbees
• vetbultos
Vertaling:
Engels: zebu
Nederlands: zeboe, bultrund
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|