Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » spesery
spesery [boodskap #140892] So., 22 Januarie 2023 16:58
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 24311
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Speserye
Speserye
spesery
Afbreking: spe•se•ry


Selfstandige naamwoord: spesery
Meervoud: speserye
Verkleinwoord: speserytjie
Meervoud van verkleining: speserytjies

Betekenis:
• Gedroogde sade, vrugte, wortels, bas, ens. wat gebruik word om voedsel te geur, te kleur of te preserveer.

Gebruik:
• Kruie verwys na die lowerryke groen dele van 'n plant (vars of gedroog), terwyl 'n spesery 'n produk is van ander dele van die plant (gewoonlik gedroog), insluitende sade, bessies, bas, wortels en vrugte.

Hiponiem:
• anys
• gemmer
• foelie
• kaneel
• kappertjie
• kardemom
• kerrie
• koljander
• naeltjie
• neutmuskaat
• paprika
• peper
• saffraan
• vanielje
• tiemie

Afgelei:
• blomspesery
• spesery-eilande
• speseryagtig
• speseryhandel

Vertaling:
Engels: spice
Nederlands: speserij

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: sjokoladekoek
Volgende onderwerp: niksnut
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa. Jan. 17 05:33:38 UTC 2026