| winsopslag [boodskap #140870] |
Vr., 20 Januarie 2023 13:20 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24241 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
winsopslag
Afbreking: wins•op•slag
Samestelling: wins + opslag
Selfstandige naamwoord: winsopslag
Meervoud: –
Betekenis:
• Die persentasie wat by die kosprys van 'n artikel gevoeg word om die verkoopprys te bereken (kosprys + winsopslag = verkoopprys).
Gebruik:
• Die handelaar het R100 vir 'n artikel betaal en wil 'n winsopslag van 10% neem, teen watter prys moet hy die artikel verkoop?
Sinoniem:
• profyt
• winspersentasie
Vertaling:
Engels: markup
Nederlands: opmaak
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|