Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Vir Gloudina: N. Prov. Nuus
Vir Gloudina: N. Prov. Nuus [boodskap #14047] Sa, 25 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, hier volg vir jou nog 'n brokkie uit vandag se Beeld, rakende my
geliefde Noordelike Provinsie:

"Die Zebediela-sitruslandgoed (eens die grootste sitrusplaas ter wêreld -
my opmerking) staar bankrotskap in die gesig, het Dr. Alidzulwini Naledzani,
voorsitter van die landgoed se raad, gister gesê.

"Die landgoed word deur die provinsiale regering besit en deur die landbou-
en landelike ontwikkelings korporasie bestuur. Zebediela het 'n "inspuiting"
van minstens R12m nodig om te oorleef. Swak reenval, haelskade, en stakings
deur werknemers het die landgoed 'n geldelike knou toegedien.

"Dit sal 'n terugslag vir die gemeenskap wees as produksie tot stilstand
kom. Die landgoed het 850 permanente en 1000 seisoenale werknemers."

Neem kennis, Gloudina dat hier om Tzaneen, in die Noordelike Laeveld, sitrus
een van die belangrikste boerdery aktiwiteite is, en ons aan soortgelyke
klimaatsomstandighede blootgestel is, as genoem in die berig. Ons omgewing
het in '94 en '95 die grootste droogte in mense heugenis beleef, maar almal
het oorleef, en dit sonder 'n geldelike "inspuiting" van staatskant. Die
rede? Wel, eerstens is dit privaat persone of maatskappye wat hier boer, en
tweedens le^ die antwoord in die "staking deur werknemers" gedeelte.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

--

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Vir Gloudina: N. Prov. Nuus [boodskap #14078 is 'n antwoord op boodskap #14047] So, 26 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes:

> Neem kennis, Gloudina dat hier om Tzaneen, in die Noordelike Laeveld, sitrus
> een van die belangrikste boerdery aktiwiteite is, en ons aan soortgelyke
> klimaatsomstandighede blootgestel is, as genoem in die berig. Ons omgewing
> het in '94 en '95 die grootste droogte in mense heugenis beleef, maar almal
> het oorleef, en dit sonder 'n geldelike "inspuiting" van staatskant. Die
> rede? Wel, eerstens is dit privaat persone of maatskappye wat hier boer, en
> tweedens le^ die antwoord in die "staking deur werknemers" gedeelte.

Ek weet nou nie of jy bedoel dat
stakings van werknemers nie moet
toegelaat word nie. Ons het so
baie stakings hier in Kanada,
wettig en wildcat, dat 'n mens
dit nou maar net as deel van die
sosio-ekonomiese realiteit sien.
Ek neem aan die Zebediela-werkers
behoort aan vakbonde. Die werkers
op ander plase nie?

Ek is egter jammer om te hoor dat
Zebediela 'n regeringsonderneming
is. Regerings is nooit goeie en
produktiewe werkgewers nie. Dis
byvoorbeeld die geval hier waar
die verkoop van drank in die hande
van die provinsiale regerings is.
Dit sou die regering baie meer baat
om dit te privatiseer. Dan sal hulle,
volgens studies, meer geld maak uit
die belasting wat hulle op die groter
inkomste kan insamel.

Dankie vir die inligting.
Gloudina
Re: Vir Gloudina: N. Prov. Nuus [boodskap #14079 is 'n antwoord op boodskap #14047] So, 26 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina Skryf:

> Ek weet nou nie of jy bedoel dat
> stakings van werknemers nie moet
> toegelaat word nie. Ons het so
> baie stakings hier in Kanada,
> wettig en wildcat, dat 'n mens
> dit nou maar net as deel van die
> sosio-ekonomiese realiteit sien.
> Ek neem aan die Zebediela-werkers
> behoort aan vakbonde. Die werkers
> op ander plase nie?

Gloudina,

Ja, plaaswerkers mag onder nuwe arbeidswetgewing aan vakbonde behoort.

Die punt is, in 'n land met 30% werkloosheid, en wat beswaarlik kompeterend
is met sy handelsvennote, is stakings beswaarlik 'n goeie idee. Uiteindelik
grawe dit die werkers se eie graf - op Zebediela, en op ons myne, soos
vroeer genoem.

Dink terug aan die stakings van steenkoolwerkers in Brittanje in die jare
80. Weet jy hoeveel Walliese steenkoolmyne is nog oop? Weet jy wat het dit
aan Wallis se ekonomie gedoen ? Weet jy dat dit selfs tot gevolg gehad het
dat Wallis, eens 'n trotse rugbynasie, tans gekke van hulself maak?

Ek noem hierdie dinge, omdat Cosatu 'n belangrike vennoot in ons huidige
regering is, en hoofsaaklik arbeidswetgewing dryf, wat, soos ek elders
gemeld het, baie sterk ten gunste van werkers gelaai is. Ook om aan jou te
wys dat alles nie maanskyn en rose is onder die huidige regering nie. Jy
verkwalik ons omdat ons kla, maar let op wie word eintlik benadeel onder die
huidige omstandighede.

Jy noem tereg privatisering. Cosatu, as deel van die regering, is die
grootste teenstanders daarvan, saam met die ander vennoot, die Kommunistiese
Party.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Dit is weer lente, die winter is verby...
Volgende onderwerp: Nkosi sikelel' i-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jul 04 13:43:22 MGT 2024