| Noorweegs [boodskap #140762] |
Vr., 30 Desember 2022 14:01 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24182 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Noorweegs
Afbreking: Noor•weegs
Uitspraak: /nuə̯rviə̯χs/
Byvoeglike naamwoord: Noorweegs
Attributief: Noorweegse
Betekenis:
• Met betrekking tot die Skandinawiese land Noorweë, of sy mense, die Noorweërs.
Gebruik:
• Ek hou van die Noorweegse meisies.
Sinoniem:
• Noors
Verwant:
• Noorweë
• Noorweër
Vertaling:
Engels: Norwegian
Nederlands: Noors
Selfstandige naamwoord: Noorweegs
Meervoud: –
Betekenis:
• Die amptelike taal van Noorweë, 'n Noord-Germaanse taal met ongeveer 5 miljoen sprekers.
Gebruik:
• Daar is twee variante van Noorweegs: Boekmaal en Nieu-Noors.
Sinoniem:
• Noors
Vertaling:
Engels: Norwegian
Nederlands: Noors
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|