| koeldrankblik [boodskap #140607] |
Vr., 25 November 2022 15:50 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24274 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Koeldrankblik.
koeldrankblik
Afbreking: koel•drank•blik
Samestelling: koeldrank + blik
Selfstandige naamwoord: koeldrankblik
Meervoud: koeldrankblikke
Verkleinwoord: koeldrankblikkie
Meervoud van verkleining: koeldrankblikkies
Betekenis:
• 'n Blikkie met koeldrank waaruit 'n mens kan drink.
Gebruik:
• 'n Mens kan 'n leë koeldrankblik met jou vingers induik.
Afgelei:
• koeldrankblikringetjie
Verwant:
• koeldrankbottel
Vertaling:
Engels: soft drink can, soda can
Nederlands: frisdrankblikje
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|