Tuis » Taal » Prosa & poësie » die allesverterende vlam
die allesverterende vlam [boodskap #140436] |
Vr., 14 Oktober 2022 17:05 |
Louis Basson
Boodskappe: 200 Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
|
Senior Lid |
|
|
‘n vuurhoutjie word getrek om ‘n vlammetjie te kry
sodat ‘n paar stukkies rommel vernietig kan word
binne sekondes verander die vlammetjie in ‘n vuuroseaan
wat sy reuse vuurgolwe oor vlaktes en berge spoel
om plant en dier, insek en reptiel, voël en mens
dood te brand of te verdryf hiervandaan
onskuldig lê die uitgebrande vuurhoutjie daar
onbewus van die skade deur sy vlam
in ‘n wêreld sonder klank of beweging
as bewys van die vuurhoutjietrekker se bestaan
|
|
|
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Do. Apr. 24 07:05:31 UTC 2025
|