Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Dit is weer lente, die winter is verby...
Dit is weer lente, die winter is verby... [boodskap #14040] Sat, 25 April 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2172
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
Die lente is nou uiteindelik werklik hier.
Op die Eksperimentele Plaas, wat hier in Ottawa
in die middel van die dorp op die walle van die
Rideau-rivier is, het ons gister Japannese magnolias
gesien. Hulle is groot en losserig en daar is geen
groen blare in sig nie, net 'n massa wit. Die rooi
magnolias wat wild groei in die Suidelike VSA is
nog nie hier uit nie. Die kersieblomme is nog nie
uit nie. Die crabapple-lanings se pienk is nog nie
daar nie. Die tulpe is hier en daar al mooi. Oral op
die parkweg langs die rivier staan daar plate affodille
en narsings wat oorspronklik daar geplant is, maar
nou wild groei.
Die botseltjies is al liggroen op al die bladwissel-
ende bome. Maar as jy so ry, dan sien jy orals die
arme bome wat so vermink was in die ysstorm wat so
drie maande gelede soveel verwoesting hier veroorsaak
het. Oostelike Ontario en Westelike Quebec het 'n swaar
paar maande agter die rug. Daar was uitsonderlike erg
vloede orals, as gevolg van die feit dat die vroeër as
gewoonlik warmer weer die sneeu te vinnig en te vroeg
laat smelt het. Nou is die ergste van die waterskade
gelukkig oor, maar die Ottawa-rivier hier naby ons is nog
baie hoog.
En orals is die voëls aan die verbykom, op pad verder
noord. Ons was so geamuseer toe ons by vriende van ons
buite 'n klein dorpie hier naby kuier, en hulle het twee
mallard ducks op hulle swembad. Hulle sê die voëls is
al so gewoond aan hulle dat hulle nie eens wil opvlieg as
mense naby aan hulle kom nie. Nou wonder hulle of die
voëls daar gaan bly vir die hele somer en hulle dus nie
die uitsluitlike gebruik van hulle eie swembad gaan hê
wanneer dit warm genoeg word om te begin swem nie.

Gloudina Bouwer
Re: Dit is weer lente, die winter is verby... [boodskap #14053 is 'n antwoord op boodskap #14040] Sun, 26 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: February 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dis nou die soort plasing wat jy meer gereeld kan doen, Gloudina. Dankie.
Ek hoop almal lees dit en sien dat jou nou ook iets mooi van jou omgewing
kan sien.

Ek vind dit interesant om van ander dele van die wereld te hoor en te lees.

By ons is die lente netso mooi - al die bome is nou liggroen en die gras is
al 'n baie diep donker, maar helder, groen. Dis werklik mooi.

Ons het weer vandag na 'n horse ekspo gaan kyk - effe oorweldigend groot -
soos die Amerikaners maar alles doen. Dit was soos op die Randse skou,
behalwe dat al die sale en arenas uitsluitlik aan die ruiterkuns en perde
gewy is! Ons kon in ses ure omternt net helfte van die sale sien en so
halfuur van die een arena se programme terwyl ons geeet het.

Ek het nog nooit so baie mooi perde bymekaar gesien nie! Van die heel ou
klein miniatuur perdjies, kniehoogte, tot by die Percherons waarby die vrou
op 'n baie hoë leer moes klim om maarhare vol linte te bind. Daar was ook
die pragtigste koetse! My seuns het die dag baie geniet.
--
Net Nico ...

@igs.net wrote in article ...
|
|
| Die lente is nou uiteindelik werklik hier.
| Op die Eksperimentele Plaas, wat hier in Ottawa
| in die middel van die dorp op die walle van die
| Rideau-rivier is, het ons gister Japannese magnolias
| gesien. Hulle is groot en losserig en daar is geen
| groen blare in sig nie, net 'n massa wit. Die rooi
| magnolias wat wild groei in die Suidelike VSA is
| nog nie hier uit nie. Die kersieblomme is nog nie
| uit nie. Die crabapple-lanings se pienk is nog nie
| daar nie. Die tulpe is hier en daar al mooi. ..........
Vorige onderwerp: Wat maak mandela daar
Volgende onderwerp: Vir Gloudina: N. Prov. Nuus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 22 12:59:34 UTC 2025