| smeerwortel [boodskap #140352] |
Sa., 01 Oktober 2022 19:31 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24202 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Smeerwortel (Symphytum officinale)
smeerwortel
Afbreking: smeer•wor•tel
Samestelling: smeer + wortel
Selfstandige naamwoord: smeerwortel
Meervoud: smeerwortels
Verkleinwoord: smeerworteltjie
Meervoud van verkleining: smeerworteltjies
Betekenis:
• Plant in die genus Symphytum met rooi, pers, blou of wit blomme, of die knolle van die plant.
Gebruik:
• Smeerwortel is vroeër as geneesmiddel gebruik (o.a. om beenbreuke te behandel), maar word tans hoofsaaklik as veevoer verbou.
Vertaling:
Engels: comfrey
Nederlands: smeerwortel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|