| karkoer [boodskap #140333] |
Do., 29 September 2022 09:59 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24307 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Karkoer.
karkoer
Afbreking: kar•koer
Selfstandige naamwoord: karkoer
Meervoud: karkoere
Verkleinwoord: karkoertjie
Meervoud van verkleining: karkoertjies
Betekenis:
• Wile rankplant, inheems aan die droë streke van Suider-Afrika, Citrullus lanatus.
• Die waterryke vrug van dié plant.
Gebruik:
• 'n Mens kan karkoere van saad groei.
• 'n Karkoer kan as bron van water dien en kan ook gebruik word om konfyt te kook.
Sinoniem:
• bitterboela
• bitterwaatlemoen
• karakoel
• makataan
• tsamma
• wildewaatlemoen
• woestynwaatlemoen
Vertaling:
Engels: bitter melon, wild coloquint
Nederlands: karkoer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|