Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Gloudina se hekstegniek
Gloudina se hekstegniek [boodskap #14029] Vr, 24 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...
> Nico wrote:
>> Kom ons probeer eerder weer saam positief vorentoe, Gloudina. Jy het dit
>> erg nodig. Dink net mooi dinge en sê net mooi dinge oor ander mense! Dit
>> gaan so baie help. Want ek is seker jy is eintlik 'n baie mooi mens! Jy
>> moet net die eerste tree op 'n positiewe pad gee.
>>
>> Nico
>
> Jy mors jou tyd Nico - sy word net erger by die dag.

Die rede, lou, is eenvoudig:

Gloudina het net een retoriese tegniek: stereotipering. Die wyse waarop sy
dit aanwend kom neer op haatspraak.

Dit werk soos volg:

Die eerste stap is om die idee te vestig dat daar bepaalde groepe mense is
wat nie oor fundamentele regte beskik nie - dis nou mense soos nazi's,
fasciste, apartheidsvarke. Interessant genoeg, noem sy nooit mense soos
staliniste in hierdie kategorie nie.

Van mense aan wie hierdie etiket van onaanraakbaarheid kleef, mag jy
enigiets beweer, en almal moet dit as die waarheid aanvaar. Sulke mense mag
nie verdedig word nie, en niemand mag glo wat sulke mense sê nie. Hulle is
nie daarop geregtig om gehoor te word nie, en kan desnoods (of verkieslik)
sonder verhoor gemartel en verbrand word. Dis dieselfde tegniek wat hier by
ons rond gebruik word wanneer iemand deur 'n sangoma as 'n "heks" uitgewys
word voordat hulle die necklace kry.

Die tweede stap is dan om een van die etikette van onaanraakbaarheid te hang
aan almal wat nie met jou saamstem nie.

Groete, Leendert
Re: Gloudina se hekstegniek [boodskap #14031 is 'n antwoord op boodskap #14029] Vr, 24 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
sizwe...@aol.com (SizweBanzi)
,
Jy's
> 'n apartheidsvark, Leendert, die ergste soort - die wat dit nie erken nie. At
> least Frikkie RSA-boy probeer nie homself befok nie.

Hoor, hoor.
Re: Gloudina se hekstegniek [boodskap #14105 is 'n antwoord op boodskap #14029] Ma, 27 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net heeft geschreven in bericht
...
> sizwe...@aol.com (SizweBanzi)
> ,
> Jy's
>> 'n apartheidsvark, Leendert, die ergste soort - die wat dit nie erken
> nie. At
>> least Frikkie RSA-boy probeer nie homself befok nie.
>
>
> Hoor, hoor.

Ah!

Nou dat ek julle outjies so bymekaar en roerend eens het, sal ek maar nog 'n
maal vra:

Vertel tog asseblief: Wat bedoel _julle_ met "apartheid"?

So baie mense gebruik die woord, maar hulle is so skugter om te sê wat hulle
daarmee bedoel. Mens kry amper die indruk dat almal nie dieselfde ding
bedoel nie.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: e-KRANT
Volgende onderwerp: Siener van Rensburg en die nuwe SA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 06:50:00 MGT 2024