Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Madiba se Magic hekstegniek
Madiba se Magic hekstegniek [boodskap #14025] Vr, 24 April 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Uiteindelik: Magic Madiba gee vir ons die gesaghebbende riglyne vir
politieke korrektheid in die NSA!

Let op hoe gebruik Madiba die Magic hekstegniek (sy mees onlangse vrou was
natuurlik 'n meester hiervan, met noodlottige gevolge vir vele onderdruktes,
soos mens uit getuienis voor die heksejagkommissie gesien het):

1) Madiba gooi sy black magic spell deur opposisieparty daarvan te
beskuldig dat hulle "dislojaal" teenoor die land is. In ten minste een geval
gaan hy so ver om te kla dat hulle dislojaal teenoor die _regering_ is!
2) Opposisiepartye (NP, DP) wys daarop dat hulle die regering geen
lojaliteit verskuldig is nie, maar wel (soos dit hoort) lojaal is aan die
grondwet en die bevolking van SA.
3) In sy begrotingstoespraak kom Madiba met ses beginsels vir
Suid-Afrika. Beginsels wat hy uit die grondwet haal, en verklaar dat SA
daarsonder nie kan "suksesvol" wees nie.
4) Madiba verklaar dat enigeen wat nie aan sy "beginsels" getrou is nie,
"dislojaal" is teenoor die land, sy mense, en by implikasie die toekoms.

Baie mooi. Nou word daar 'n objektiewe standaar gestel waaraan die
lojaliteit van opposisiepartye en ander individue en instellings gemeet kan
word. Maar een of twee probleme:

1) Uit die ganse grondwet selekteer hy ses beginsels. Ander mense mag
dalk ses ander selekteer as hulle gevra word. Magic Madiba impliseer dat
sulke mense dislojale hekse is - reg vir die necklace.
2) Ons grondwet, soos alle ander, bevat beginsels en bepalings wat
teenstrydig mag wees, en wat in elke bepaalde situasie teen mekaar opgeweeg
moet word. Selfs die selektiewe ses wat Madiba kies ontkom nie hieraan nie.
Hy impliseer noodwendig daardeur dat iemand wat van hom verskil oor watter
beginsel in 'n bepaalde situasie voorrang moet kry 'n dislojale heks is.
3) Omgekeerd, natuurlik, is die implikasie dat enigeen wat dieselfde ses
beginsels as Magic kies, en wat hulle op dieselfde wyse toepas, 'n goeie
lojale burger is.

Ek kan nog sien hoe Mandela se ses beginsels die ses beginsels van politieke
korrektheid word.
Vorige onderwerp: RAINBOW SETTLERS
Volgende onderwerp: Die hekstegniek - verdere voorbeeld
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 16:11:21 MGT 2024