| Positief oor Suid-Afrika [boodskap #14023] |
Vr., 24 April 1998 00:00  |
Theo de Jager
Boodskappe: 3 Geregistreer: April 1998
|
Junior Lid |
|
|
Hallo daar almal,
Hoe langer ek hier in die VSA studeer, hoe meer dink ek dat Suid-Afrika
tog nie te sleg is nie. Dis tog snaaks hoe mens eers besef wat jy werklik
het as jy vir 'n rukkie buite jou eie nasionale/etniese konteks moet bly.
Alhoewel ek dit lankal vermoed het, word dit nou eers vir my duidelik dat
Amerika soortgelyke rasse-probleme gehad het....en nog steeds het!
Groete,
Theo de Jager
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Positief oor Suid-Afrika [boodskap #14143 is 'n antwoord op boodskap #14023] |
Wo., 29 April 1998 00:00  |
Nico
Boodskappe: 259 Geregistreer: Februarie 1998
|
Senior Lid |
|
|
Ek hoef nie 'n enkele woord te skryf nie - gaan kyk net na wat in Afrika
aangaan - hoeveel van die mense bly in westerse styl en bedryf suksesvol 'n
westerse demokrasie. Ek het nog gedink Botswana is net die land om in te
gaan bly - en by nadere ondersoek moes ek ook daar maar verneem dat die
hele sisteem op omkoop staatmaak om te werk en dat jy nerens iets regkom as
jy nie 'n tweede betaling onder die tafel deurstoot nie.
Kyk hoe word daar deur swart staatsmanne rondgevlieg - blote geldmors, en
in al hulle lande kripeer meeste mense van ellende. Ek dink die enigste
ding wat meeste swart staatsmanne by die huis hou, is die vrees vir 'n
staatsgreep as hulle uit die land uit is.
As jou persepsie is dat dit heel goed gaan in meeste Afrika lande, dan sal
jy glad nie weet waarvan ek praat nie. Dan is jou verwysingsraamwerk en
waardestelsel anders as myne en vrees ek dat ons bymekaar verby sal praat.
Probeer maar...
--
Net Nico ...
| >Daarmee saam sê ek darem ook dat
| >die swartes van Afrika nie bevoeg is om 'n westerse soort regering en
| >verantwoordelikhede suksesvol te volvoer nie.
|
| Voor ek jou hieroor aanvat, se net bietjie waarom nie.
|
|
|
|
|