| aasvoëlnes [boodskap #140166] |
Vr., 02 September 2022 08:25 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24162 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
'n Aasvoël met haar kuiken in 'n aasvoëlnes.
aasvoëlnes
Afbreking: aas•vo•ël•nes
Samestelling: aasvoël + nes
Selfstandige naamwoord: aasvoëlnes
Meervoud: aasvoëlneste
Verkleinwoord: aasvoëlnessie
Meervoud van verkleining: aasvoëlnessies
Betekenis:
• Die nes van 'n aasvoël.
• (figuurlik) 'n Baie deurmekaar of vuil plek.
Gebruik:
• Die bergklimmers het 'n aasvoëlnes op die kranse gewaar.
• Hulle huis is 'n aasvoëlnes.
Vertaling:
Engels: vulture's nest
Nederlands: gierennest
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|