Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die kwessie van Zimbabwe
Die kwessie van Zimbabwe [boodskap #14015] Vr, 24 April 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: > Gloudina skryf:
>
>> Maar selfs in Zimbabwe is die einde nog
>> nie in sig nie. Volgens een koerant hier
>> is een-derde van Zimbabwe bos waar net
>> diere lewe, een-derde word bevolk deur
>> die nie-blanke bevolking, en die ander
>> een-derde bevat die omtrent 4000 plase
>> waarop die meestal wit boere bly.
>
> Gloudina,
>
> Wat sou jy sê watter een van daai derdes dra die meeste by tot Zim se BBP,
> en watter een die minste?
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')

Wel Henri, die laaste welberedeneerde
artikel wat ek oor die probleem gelees
het, het die volgende mening gehuldig:
dat die groot plase wat meestal tabak
en ander westerse uitvoerprodukte kweek
op groot plase met baie bemesting, in
die laaste analise baie slegter vir
die ekologie is as mense wat op kleiner
skaal vir hulleself sorg op 'n meer
natuurlike manier. Natuurlik is die
swart bevolking van Zimbabwe nou ingedruk
in te min grond. Hulle moet op die hele
land vir hulself kan sorg. Dan kan die
westerse Wereldbank wat 'n arm is van
Amerikaanse imperialisme maar gaan
droog maak.

Gloudina
Re: Die kwessie van Zimbabwe [boodskap #14016 is 'n antwoord op boodskap #14015] Vr, 24 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Wel Henri, die laaste welberedeneerde
> artikel wat ek oor die probleem gelees
> het, het die volgende mening gehuldig:
> dat die groot plase wat meestal tabak
> en ander westerse uitvoerprodukte kweek
> op groot plase met baie bemesting, in
> die laaste analise baie slegter vir
> die ekologie is as mense wat op kleiner
> skaal vir hulleself sorg op 'n meer
> natuurlike manier. Natuurlik is die
> swart bevolking van Zimbabwe nou ingedruk
> in te min grond. Hulle moet op die hele
> land vir hulself kan sorg. Dan kan die
> westerse Wereldbank wat 'n arm is van
> Amerikaanse imperialisme maar gaan
> droog maak.

Punt nommer een Gloudina, wanneer jy ekologie in die redenasie inbring, is
dit nie juis ter sake wie op die grond bly nie, want wanneer daar geboer
word, affekteer dit die ekologie. Die mens se effek op die omgewing was nog
altyd van so 'n aard dat dit die natuurlike balans van dinge versteur.
Daarmee sê ek nie mense moenie grond he^ om op te bly nie, want dit spreek
tog vanself.

In enige land wat selfversorgend is sover dit landbouprodukte aangaan, sal
dit noodwendig so wees dat groot gebiede waarop daar geboer word, deur min
mense bewoon sal word. Hulle voed die hordes wat in groot stede
gekonsentreer is, en verdien hopelik buitelandse valuta om verder die
staatskas te vul waarmee dienste gelewer kan word. Dit geld vir Kanada, SA,
die VSA, en hopelik ook Zimbabwe.

Die punt wat ek gehoop het jy sou raaksien, is dat die derde van Zimbabwe
wat bos is, en waarop wilde diere bly, 'n baie groot toeriste attraksie is.
Ek sal nie verbaas wees as Zimbabwe se grootste inkomste hieruit is nie. Dit
is natuurlik baie meer ekologies vriendelik as die ander twee. Een van die
redes waarom Mnr Mugabe sy houding jeens plaasonteiening versag het, is juis
dreigemente van 'n toerisme boikot.

Dit sal jou ook baat om te weet dat die eintlike beswaar nie soseer oor die
onteiening as sulks gaan nie, maar die wyse hoe hy beoog om dit te doen. Die
boere sal bloot vergoed word vir die infrastruktuur op plase. Die meeste van
hulle het plase bekom deur lenings by banke aan te gaan. As Mugabe dit op
die wyse doen wat hy beoog, het hierdie mense nie die vermoee" om hul
verpligtings teenoor banke na te kom nie, wat die wesenlike gevaar inhou dat
Zimbabwe se bankwese in duie kan stort.

Neem ook kennis dat daar alreeds 'n paar honderd duisend swart Zimbabwiers
op hierdie plase bly en werk, en dat ondervinding uit die verlede bewys het
dat ook hierdie mense hul blyplek en inkomste verloor het tydens
onteienings.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is Nie vir Sissies Nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Leendert op die oorlogspad
Volgende onderwerp: RAINBOW SETTLERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 17:58:56 MGT 2024