Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » winter in die kaap
winter in die kaap [boodskap #140146] Wo, 31 Augustus 2022 10:03
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
wat het van die son geword
hy het ses dae gelede nog geskyn
maar toe het daar baie wolke gekom
en nou het die son vir goed verdwyn

ek en die honde is allenig hier
in die skemer huis
en al het ons elke vertrek se ruimte
voel dit of ons opgesluit is in ‘n kluis

want buite val die water
in meer liters as gellings
soos hemelse riviere
uit oupa se vertellings

‘n winter met ag dae se reën
het hy altyd van gepraat
as die tyd wanneer water en hael en sneeu
die son die hemelruim laat verlaat
Vorige onderwerp: woorde
Volgende onderwerp: winterreën
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 22:15:10 MGT 2024