Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » baie dankie God
baie dankie God [boodskap #140035] Do, 18 Augustus 2022 15:25
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
U het in my lewe ingegryp
op ‘n manier wat ek nie kon verstaan
maar U het my ook die krag gegee om voort te gaan

voort te gaan met die wete dat U altyd by my is
saam met my pragtige gesin
die vrou en dogters vir wie ek so bemin

so bemin nie omdat ek in rykdom lewe
maar omdat ek elkeen van hierdie mense
sien as individue met liefde sonder grense

sonder grense wat my bind
sodat ek elke dag as ‘n gawe mag ervaar
en besef ek is nog ‘n dag gespaar

dag gespaar om U te prys
vir die wonderlike gevoel wat dit bring
om die Skeppingswonder te besing
Vorige onderwerp: die plaas in die kloof
Volgende onderwerp: 'n traan
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 13:27:07 MGT 2024