| ruimtestasie [boodskap #139929] |
Do., 11 Augustus 2022 15:53 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24183 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
Die Internasionale Ruimtestasie wat om die Aarde wentel.
ruimtestasie
Afbreking: ruim•te•sta•sie
Samestelling: ruimte + stasie
Selfstandige naamwoord: ruimtestasie
Meervoud: ruimtestasies
Verkleinwoord: ruimtestasietjie
Meervoud van verkleining: ruimtestasietjies
Betekenis:
• 'n Bemande basis in die ruimte; kunsmatige habitat buite die aarde se atmosfeer waar mense kan woon en werk.
Gebruik:
• Gereelde pendelvlugte word na die ruimtestasie onderneem om die bemanning te wissel en voorraad aan te vul.
Vertaling:
Engels: space station, orbital station
Nederlands: ruimtestation
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|