Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ekonomies
ekonomies [boodskap #139901] Ma, 08 Augustus 2022 11:20
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18629
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ekonomies
Afbreking: e•ko•no•mies


Byvoeglike naamwoord: ekonomies
Vergrotende trap: ekonomieser, meer ekonomies
Oortreffende trap: ekonomiesste, die mees ekonomiese
Attributief: ekonomiese

Betekenis:
• Wat die ekonomie betref.
• Wat doeltreffend met geld en hulpbronne te werk gaan.

Gebruik:
• Dit gaan ekonomies nog relatief goed met die land.
• Water is skaars en julle moet ekonomies daarmee te werk gaan.

Sinoniem:
• besparend
• doeltreffend
• kostebesparend
• oppassend
• spaarsamig
• suinig

Antoniem:
• onekonomies

Afkorting:
• ekon.

Afgelei:
• bedryfsekonomies
• landbou-ekonomies
• sosiaal-ekonomies
• sosio-ekonomies

Vertaling:
Engels: economic, economical
Nederlands: economisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: etnies
Volgende onderwerp: instrumentaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 02:37:53 MGT 2024