Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die stortingsterrein
die stortingsterrein [boodskap #139865] Do, 04 Augustus 2022 19:06
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
mopgat, vullisgat, stortgat, rommelgat
is slegs ‘n paar van jou lang string name
waarvan elkeen dui op die nare klad
wat die mens aan jou hele wese heg

somtyds is jy sinoniem met die dood
want jy word die graf van alle dinge
wat die mens as nutteloos eenkant stoot
slegs om plek te maak vir ‘n beter een

ook dit sal later op jou hoop beland
om daar tesame met vele ander
in jou verterende vure te brand
of deur berge grond begrawe te word

jy is ook sinoniem met ‘n pakhuis
waar mens interessante dinge vind
van ‘n hemp se knoop tot ‘n ou geldkluis
‘n nuwe boek tot grootjie se foto’s

vandag dien jy as kelder of solder
net ‘n baie gemeenskaplike een
waar mense klouter holderstebolder
op soek na iets om later weg te gooi

dan’s jy ook sinoniem met die lewe
vir die werk- en dakloses wat jy voed
mense wat niks het om na te strewe
weens ‘n stelsel wat nie meer omgee nie

jy bied ook ‘n lewe aan jou bouers
daardie mense wat met masjien en graaf
lewe aan jou geskenk het, jou ouers
wat nou elke dag na jou moet omsien

vir ewig sal jy die weggooiplek bly
die stinkende, smeulende vullishoop
waar mens ander se geheime kry
sou mens rondsnuffel tussen jou walle
Vorige onderwerp: Winter
Volgende onderwerp: deur die ogies van 'n dowe kindjie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 10:37:16 MGT 2024