Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die hekstegniek ontbloot!
Die hekstegniek ontbloot! [boodskap #13984 is 'n antwoord op boodskap #14034] |
Fri, 24 April 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>> Dis eintlik eenvoudig. Dit gaan nie vir haar oor wat reg en verkeerd is nie.
>> Dit gaan vir haar daaroor dat, as mens wit en Afrikaans is, is jy
>> "verkeerd".
>
Let nou op:
Stap een: hang aan Leendert die etiket "apartheidsvark":
>
> Dis hier waar Leendert homself openbaar
> as 'n argumentatiewe en kompulsiewe
> kekkelaar van uitgediende apartheids-
> vark argumente.
Stap 1a (opsioneel): Identifiseer Gloudina met "die Afrikaner-erfenis". Wat
sy sê, is dus paslik vir 'n "opregte Afrikaner":
> As daar een ding is
> wat vir almal duidelik moet wees, is
> dat ek die Afrikaner-erfenis eerbiedig
Stap 2: Enigeen wat deur Gloudina aangekla word, moet noodwendig iemand
wees wat die Afrikaner se naam beswadder:
> en enigiemand aankla wat in die verlede
> gedurf het en nou nog durf om die
> Afrikaner se naam te beswadder met hulle
> apartheidsvarkerige opinies en dade.
En dan kom die necklace:
> Kom
> ons stuur die varke met die heuwel af
> en bestendig die Afrikaner se eertydse
> goeie naam weer in die wereld.Kom ons
> vra mense in die buiteland om vir die
> apartheidsvarke vrypasse te gee na
> ander lande waar hulle meer tuis gaan
> wees. Soos byvoorbeeld die westelike
> deel van Kanada. Juis vanoggend is 5
> neo-nazi skinheads voor die hof oor die
> moord van 'n opsigter by 'n Sikh tempel.
Winnie (Mandela se mees onlanse vrou) kon die nie beter gedoen het nie,
Gloudina!
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
Re: Die hekstegniek ontbloot! [boodskap #14034 is 'n antwoord op boodskap #13984] |
Thu, 23 April 1998 00:00  |
SizweBanzi
Boodskappe: 44 Geregistreer: April 1998
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
> Stap een: hang aan Leendert die etiket "apartheidsvark":
>
>
Maar dit is wat hy is. Hy kan dit nou maar probeer verbloem in
intellektuele argument, at heart is hy maar net nog 'n broederbonder met 'n
bietjie geleerdheid. Eien tog nou jou identiteit Leendert - een wat die
rassige aard daarvan insluit.
NS. Los maar die vriendelike groete ter afsluiting, van jou wil ek dit nie he
nie.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 22:27:43 UTC 2025
|