Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Hoe meer dinge verander ...
Re: Hoe meer dinge verander ... [boodskap #13954] Wo, 22 April 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen" writes:
>
> Mense, wat Glodina nie sê nie, is dat Kanada ook so 'n probleme ondervind.
> In hulle geval is dit vrye handel met Koning VSA, die boelie van alle
> boelies.

Elke jaar het Kanada 'n "trade surplus"
met die VSA. Een van die grootste redes
is die bestaan van die "Autopact" (wat
dit moontlik maak vir Kanada om groot
getalle van die karre van die drie groot
VSA karmakers in Kanada aan mekaar te sit.
Buitendien koop die VSA ook baie van ons
grondstowwe. Dis die arme VSA wat altyd
'n "trade deficit" met die res van die
wereld het.

> Wat het van die inheemse bevolking van Ontario geword? Daar was net soveel
> daar as wat hier swartes was toe Jan v R geland het. Vandag sien jy hierdie
> stamme se name net op plekname. Daar is sommer gou met hulle klaar gespeel,
> hoofsaaklik om hul handel oor te neem. Of is daar reservate vir die mense,
> Glodina? Noem julle dit ook tuislande? Stam die huidige swartes van slawe
> af? Jy brand seker om te vertel.

Ja, nee, ou Kobus, jy is reg. Noord-Amerika se
klomp wit invallers het sommer korte mette gemaak
met die Eerste Nasies. Maar soos ons in jou deel
van die wereld sien, elke hond kry sy dag.

>
> Hoe gaan dit met die Proggresiewe Konserwatiewes,

Hulle het ge-implode. Nou het Jean, Charest,
hulle leier nog leier van die Liberales in
in Quebec geword. So ek dink die Progressiewe
Konserwatiwes gaan die pad van die NP:uitwissing.

Gloudina

>
Hoe meer dinge verander ... [boodskap #13956 is 'n antwoord op boodskap #13954] Wo, 22 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Henri Burger skryf:
> Ons is uiters onkompeterend op markte. Die Ooste lag vir ons, en
> oorstroom ons met hulle goedkoop, kwaliteits produkte. Motors word goedkoper
> in Botswana gemonteer en na SA ingevoer, as wat ons dit kan doen, en dit
> plaas vervaardigers hier onder druk.
> Groete, Henri

Mense, wat Glodina nie sê nie, is dat Kanada ook so 'n probleme ondervind.
In hulle geval is dit vrye handel met Koning VSA, die boelie van alle
boelies. Besighede in Ontario bv.
skuif na die suide, mense ry oor die grens om inkopies te doen en besighede
is onwillig om daar te bele^
In 1991 het Ontario $10 biljoen skuld gehad. Hulle vervaardigers is ook
onder druk . Of hoe Glodina ?
My punt : We^reldwyd is daar lande wat deur hul sterker bure ekonomies
"geteroriseer" word, nie net hier soos in die NP tydperk nie. Waarom is SA
die sterker land en hoe voel ons bure oor die geboelie agter die skerms?
(Eintlik haat/beny hulle ons met 'n passie.)

Colin skryf:
Gloudina, woon jy self nie op eiendom was eers aan die inboorlinge van
Kanada behoort het nie? Gee jou eiendom eers aan hulle terug en dan
het jy miskien 'n reg om so 'n stelling te maak.
Vriendelike Groete Colin

Wat het van die inheemse bevolking van Ontario geword? Daar was net soveel
daar as wat hier swartes was toe Jan v R geland het. Vandag sien jy hierdie
stamme se name net op plekname. Daar is sommer gou met hulle klaar gespeel,
hoofsaaklik om hul handel oor te neem. Of is daar reservate vir die mense,
Glodina? Noem julle dit ook tuislande? Stam die huidige swartes van slawe
af? Jy brand seker om te vertel.

Gloudina skryf:
Vertel my, Leendert, hoe gaan dit deesdae in die Weskaap waar die NP nog
aan die bewind is?
Gloudina

Hoe gaan dit met die Proggresiewe Konserwatiewes, of is alles ou Bop Rae se
skuld ?
Dit gaan goed met die WK. Kaapstad is deesdae die grootste stad in die land.
(Swart kinders van PE omgewing stroom hiernatoe om skool te gaan.) Die WK
moet nog 'n rukkie wag om onafhanklik te word, want die res van die land
moet eers hul parlement verskuif. Na die volgende verkiesing gaan hierdie
projek aandag geniet.

Kom maar terug huis toe, Glodina, alles is vergewe.
Groete van land tot land.

Kobus
Re: Hoe meer dinge verander ... [boodskap #13957 is 'n antwoord op boodskap #13956] Wo, 22 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf
Dis die arme VSA wat altyd 'n "trade deficit" met die res van die wereld
het.

Moet die goed nie "arme" noem nie. Iemand moet nog hulle tjank aftrap. Dis
hulle wat wêreld situasies uitbuit vir eie gewin. Ook hier in Suider
Afrika, net om Rusland te kortwiek. Aan die begin van die Angolese oorlog
moes ons soldate almal engels praat, omdat ons as "Amerikaners" geveg het.
Hulle sou kom oorneem, maar toe daag hulle nie op nie. (Hulle het geweet die
Boere sal nie bes gee nie) Die einste PW het ons laat terugtrek van die
buitewyke van Luanda omdat hy gereken het ons gaan nie Amerika se vuilwerk
verder doen nie. Vir die Irakese het hulle laat blyk dat as Koeweit
aangeval word, sal daar nie opgetree word nie. Net om omte draai en hulle
wel aan te val. En wie kan hul wreedheid in Vie"tnam vergeet? Almal
"anderskleurige" lande. Amerika het nog nooit teen "witlande" opgetree nie,
behalwe onvermydelik in We^reldoorloe" (vat nou maar Bosnie")
Weet jy Glodina, ons hier is nie inherent rassisties nie. In ons huis is
daar nooit neerhalend oor anderskleuriges gepraat nie. Jy het seker ook
sulke herinneringe van die Kaap? Daar is net soveel rassisme tussen swart
en swart in die hele Afrika. Die hele probleem hier is dat die Afrikaner al
van toeka af homself moes verdedig teen onderdrukking. In Afrika is
oorlewing alles. As hierdie demokrasie nie werk nie, sal jy 'n ander ding
sien. Die probleem is dat demokrasie teen die grein van Afrika gaan.

Gloudina skryf
Elke hond kry sy dag, ek dink die PCP gaan die pad van die NP:uitwissing.
Ek glo nie dit gaan so maklik gebeur nie. Swartes het nie regtig vir die ANC
gestem nie; wel vir Mandela. Ek sou ook. Mbeki gaan skaars 'n jaar aan
bewind wees. Dan gaan daar of 'n staatsgreep wees, of die ANC gaan net
eenvoudig split. (Soos jy sê elke hond kry sy dag.) Daarna gaan jy
bedmaats sien wat jou hart warm sal laat klop: Die NP en ANC "duiwe" Die
huidige DP sal die oposisie wees. (Onthou die huidige NP is klaar die
"duiwe"-deel van die ou NP). Mense soos Pallo Jordan, Terror Lakota en
andere sonder bagasie van die verlede. Terloops, onder die ou regering kon
jy in '94 stem, maar weet jy dat jy nie in '99 sal kan stem nie, Glodina?
Ironies.

Nico,
Glodina is 'n kleurlingmeisie (Maleis?) van die Bo-Kaap. Sy moes die land
verlaat omdat sy nie hier met 'n blanke kon trou nie. Eers Engeland toe,
daarna VSA en van die laat '70 in Kanada. Dinge het nie so verloop soos sy
graag dit wou het nie. Sy is verbitterd teenoor ons land omdat sy die
verlede onthou. Sy kry darem gereeld besoek van hier, en kom ook af en toe
hierna. Toon tog welwilendheid teenoor haar. Miskien ontmoet julle mekaar
nog eendag. Julle sal dan nie die twak praat soos nou nie. Wie sê vir jou
sy kan nie mooi dinge raaksien ? Miskien het julle baie in gemeen. Ontario
se leuse is "Loyal she
began, loyal she remains" Glodina voel dieselfde, tenminste oor ons en haar
taal. Dis die eintlike rede hoekom sy aan hierdie gesprekke deelneem.
Verstaan tog dat sy MOET die "oposisie" speel. Op hul nommerplate staan
"Yours to discover" Wat sê jy boeta? Julle huidige geredekawel lei tog na
ne^rens nie.

Groete van land tot land, julle klomp netters.
Kobus
Re: Hoe meer dinge verander ... [boodskap #13980 is 'n antwoord op boodskap #13956] Do, 23 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Kobus Pietersen" writes:

> moes ons soldate almal engels praat, omdat ons as "Amerikaners" geveg het.
> Hulle sou kom oorneem, maar toe daag hulle nie op nie.

So, hoekom was julle so dom om lakeie van die
Amerikaners te wees. Selfs Amerikaners self het
uiteindelik geweier om in Vietnam te veg. Maar
nee, julle luister na die apartheidsvarkbase en
gaan val 'n ander land in. 'n Land wat nie iets
aan SA gedoen het nie.

> Weet jy Glodina, ons hier is nie inherent rassisties nie. In ons huis is
> daar nooit neerhalend oor anderskleuriges gepraat nie. Jy het seker ook
> sulke herinneringe van die Kaap? Daar is net soveel rassisme tussen swart
> en swart in die hele Afrika. Die hele probleem hier is dat die Afrikaner al
> van toeka af homself moes verdedig teen onderdrukking. In Afrika is
> oorlewing alles. As hierdie demokrasie nie werk nie, sal jy 'n ander ding
> sien. Die probleem is dat demokrasie teen die grein van Afrika gaan.

Nou praat jy maar net die gewone
apartheidsbraaksel - dat demokrasie
teen die grein van Afrika gaan. Om
te regverdig dat wit Afrikaners vir
omtrent veertig jaar 'n fascistiese
ondemokratiese diktatorskap in SA
teweeggebring het, en die land vir
hulle kinders en al die ander
rassegroepe se kinders ongemaklik
gemaak het.

> Gloudina skryf
> Elke hond kry sy dag, ek dink die PCP gaan die pad van die NP:uitwissing.
> Ek glo nie dit gaan so maklik gebeur nie. Swartes het nie regtig vir die ANC
> gestem nie; wel vir Mandela. Ek sou ook. Mbeki gaan skaars 'n jaar aan
> bewind wees. Dan gaan daar of 'n staatsgreep wees, of die ANC gaan net
> eenvoudig split. (Soos jy sê elke hond kry sy dag.) Daarna gaan jy
> bedmaats sien wat jou hart warm sal laat klop: Die NP en ANC "duiwe" Die
> huidige DP sal die oposisie wees. (Onthou die huidige NP is klaar die
> "duiwe"-deel van die ou NP). Mense soos Pallo Jordan, Terror Lakota en
> andere sonder bagasie van die verlede. Terloops, onder die ou regering kon
> jy in '94 stem, maar weet jy dat jy nie in '99 sal kan stem nie, Glodina?
> Ironies.

So, waaroor kla julle mense daar in
SA so steen en been. Enige mens met
'n kop op sy lyf weet dat politieke
alliansies kom en gaan. Ek sit my
geld op Terror Lekota.
>
> Nico,
> Glodina is 'n kleurlingmeisie (Maleis?) van die Bo-Kaap. Sy moes die land
> verlaat omdat sy nie hier met 'n blanke kon trou nie. Eers Engeland toe,
> daarna VSA en van die laat '70 in Kanada. Dinge het nie so verloop soos sy
> graag dit wou het nie.

Weet jy hoe jammer ek mense kry wat
gedurig mense in rassehokkies wil
plaas. Dis 'n sielkundige siekte.


Sy kry darem gereeld besoek van hier, en kom ook af en toe
> hierna.

> Kobus

Ek het ook 'n seun wat sopas weer terug
is van 'n week in SA (by 'n nooi gaan
kuier) nadat hy die hele verlede jaar
in Kaapstad 'n MBA geloop het. Omdat
mense se gesanik het oor hoe gevaarlik
dit in SA is, het ek hom gesmeek om nie
in Kaapstad te gaan studeer nie. Goed
dat hy nie ingegee het nie. Hy het die
tyd van sy lewe gehad, en 'n oulike
meisie in sy klas ontmoet. By haar
familie in Natal gekuier, by die oupa
en die ouma in Ficksburg. Nou het hy
teruggevlieg om vir haar in Grahamstown
te gaan kuier vir 'n week. Hulle besoek
toe die Hogsback daar anderkant Alice
in die wonderlike area waar jy die
Amatolaberge ook kry. Ek het 'n paar
keer daarheen gegaan toe ek naby Fort
Beaufort skoolgehou het. Ek was ook
eenkeer in 'n groep wat die Hogsback
gaan klim het. Een van die mooiste
herinneringe wat ek het, is om in die
oggend in my slaapsak wakker te word
en die son se lig deur die baie groot
dennebome te sien kom. Ek was so bly
om te hoor dat mense nog vredevol vir
vakansies na die Hogsback gaan. Ek
sou gedink het dis nou te "gevaarlik"
daar. (As 'n mens nou luister na die
sanikers op hierdie nuusgroep, wie se
polse daagliks afgesny word, en dan
weer in die nag mirakelagtig regkom.)

Gloudina
Re: Hoe meer dinge verander ... [boodskap #14017 is 'n antwoord op boodskap #13956] Vr, 24 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Nico  is tans af-lyn  Nico
Boodskappe: 259
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
| Nico,
| Glodina is 'n kleurlingmeisie (Maleis?) van die Bo-Kaap. Sy moes die land
| verlaat omdat sy nie hier met 'n blanke kon trou nie. Eers Engeland toe,
| daarna VSA en van die laat '70 in Kanada. Dinge het nie so verloop soos sy
| graag dit wou het nie. Sy is verbitterd teenoor ons land omdat sy die
| verlede onthou. Sy kry darem gereeld besoek van hier, en kom ook af en toe
| hierna. Toon tog welwilendheid teenoor haar. Miskien ontmoet julle mekaar
| nog eendag.

Ek het al gedink
ek sal haar moet opsoek
as ek in daardie deel van die wêreld kom.

Julle sal dan nie die twak praat soos nou nie. Wie sê vir jou
| sy kan nie mooi dinge raaksien ?

Man, ek probeer al so hard so lank - en selfs in 'n storie van 'n duif wat
seergekry
het, gooi sy so bietjie politiek by. Maar ek sal aanhou kyk of ek dit nie
kan regkry nie. Haar redenasies is meesal maar flou of swak, maar ek dink
haar ore en oë is groot genoeg oop om baie interessant te kan vertel.

Miskien het julle baie in gemeen. Ontario
| se leuse is "Loyal she
| began, loyal she remains" Glodina voel dieselfde, tenminste oor ons en haar
| taal. Dis die eintlike rede hoekom sy aan hierdie gesprekke deelneem.
| Verstaan tog dat sy MOET die "oposisie" speel. Op hul nommerplate staan
| "Yours to discover" Wat sê jy boeta?

Dalk is die nommerplate die grootste ooreenkoms - ons s'n sê "Discover
Minnesota".

Nico
Re: Hoe meer dinge verander ... [boodskap #14057 is 'n antwoord op boodskap #13956] So, 26 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
chohne  is tans af-lyn  chohne
Boodskappe: 19
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Kobus Pietersen wrote in message ...
> Nico,
> Glodina is 'n kleurlingmeisie (Maleis?) van die Bo-Kaap. Sy moes die land
> verlaat omdat sy nie hier met 'n blanke kon trou nie. Eers Engeland toe,
> daarna VSA en van die laat '70 in Kanada. Dinge het nie so verloop soos sy
> graag dit wou het nie. Sy is verbitterd teenoor ons land omdat sy die
> verlede onthou.
> Groete van land tot land, julle klomp netters.
> Kobus
Kan jy nou meer! Nou verstaan ek. Dis tog so logies!
CH
>
Re: Hoe meer dinge verander ... [boodskap #14089 is 'n antwoord op boodskap #13956] Ma, 27 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Kobus Pietersen wrote in message ...
>> Nico, >>Glodina is [ knip]

chohne wrote in message ...
> Kan jy nou meer! Nou verstaan ek. Dis tog so logies!
> CH

Nee, maar jy kan meer . Nou verstaan jy wat? Wat is tog so logies ?
Groete
Kobus
Re: Hoe meer dinge verander ... [boodskap #14090 is 'n antwoord op boodskap #13956] Ma, 27 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"chohne" writes: >

>> Glodina is 'n kleurlingmeisie (Maleis?) van die Bo-Kaap. Sy moes die land
>> verlaat omdat sy nie hier met 'n blanke kon trou nie. Eers Engeland toe,
>> daarna VSA en van die laat '70 in Kanada. Dinge het nie so verloop soos sy
>> graag dit wou het nie. Sy is verbitterd teenoor ons land omdat sy die
>> verlede onthou.
>> Groete van land tot land, julle klomp netters.
>> Kobus

> Kan jy nou meer! Nou verstaan ek. Dis tog so logies!
> CH

Monsieur Hohne, wat het geword van
daardie kubermuur wat jy om jouself
gebou het? Het dit te allenig daar
agter die kubermuur geraak? En die
maters wou nie saamspeel nie, n'est
ce pas? Toe kom wys jy maar weer
jou benepe klein gesiggie.
Re: Hoe meer dinge verander ... [boodskap #14119 is 'n antwoord op boodskap #13956] Di, 28 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Toe kom wys jy maar weer jou gesiggie.

Halo glodina, het henry ford regtig gesê ons kan enige kleur kies solank dit
swart is? ()o:-)

groente
kobus

(moenie jou wortels vergeet nie)
Re: Hoe meer dinge verander ... [boodskap #14138 is 'n antwoord op boodskap #13956] Wo, 29 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
chohne  is tans af-lyn  chohne
Boodskappe: 19
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Junior Lid
Kobus,
Volgens jou plasings (April 1998) is jy waarskynlik nog 'n newbie op
hierdie NG :-) Welkom.
Trek gerus die dame se plasings vir die afgelope jaar en 'n half by Dejanews
se argief. Jy sal agterkom dat sy verbitterdheid jeens die
Afrikaanssprekende blanke man tot anderkant die oorteffendste trap volvoer
het.
Nico het haar reeds in verskeie plasings gevra (gesmeek) om 'n bietjie
verdraagsaamheid en ook die mooi kant van haar lewe (wat sy moet besit), te
openbaar.
Ek is nie lus vir haar voortdurende stroom gif op hierdie NG nie en het my
nuusleser so opgestel dat haar plasings nie vertoon word nie.
Hierdie agtergrondbesonderhede maak haar verbitterdheid nou meer duidelik en
verstaanbaar. In die ou ZA was sy nie lig genoeg nie en in die NZA sal sy
netnie donker genoeg wees nie.
Julle kan haar maar net bejammer.

Groete
CH

Kobus Pietersen wrote in message ...

> Nee, maar jy kan meer . Nou verstaan jy wat? Wat is tog so logies ?
> Groete
> Kobus
>
Vorige onderwerp: Die woord `skoenlapper'
Volgende onderwerp: Radio Hoeveld weier Afrikaanse advertensies
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 23 02:48:33 MGT 2024