Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » miskruiergeduld
miskruiergeduld [boodskap #139789] Ma, 25 Julie 2022 12:54
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
kleine miskruiertjie
jy is so onbelangrik volgens my standaarde
ek regeer die ganse wêreld
en jy stap daar onder rond, plat op die aarde
ek probeer elke dag van my lewe om suksesvol te wees
in die dinge wat ek doen
en jy stap en rol 'n stuk mis van 'n bees

kleine miskruiertjie
tog is daar iets wat ek by jou kan leer
al is jy so nietig en klein
want jy het iets wat my werklik fassineer
dit is die pragtige geduld waarmee jy jou stukkie drol
oor die ongelykte aarde
tussen bosse en klippe deurrol
Vorige onderwerp: gekruisde lyne
Volgende onderwerp: mierberig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 21:58:51 MGT 2024