| sienswyse [boodskap #139724] |
Do., 21 Julie 2022 16:01 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 24155 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sienswyse
Afbreking: siens•wy•se
Samestelling: sien + -s- wyse
Selfstandige naamwoord: sienswyse
Meervoud: sienswyses
Betekenis:
• Die manier waarop 'n saak aanskou word; wyse waarop 'n mens na iets kyk.
Gebruik:
• Die sienswyse is kontroversieel en word nie deur almal gehuldig nie.
Sinoniem:
• mening
• oogpunt
• opvatting
• perspektief
• siening
• standpunt
Vertaling:
Engels: point of view, way of thinking, opinion
Nederlands: zienswijze
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|