Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n koekie seep
'n koekie seep [boodskap #139650] Do, 07 Julie 2022 21:10
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
diep in die ingewande van die aarde
boor en grawe die mynwerker op soek na daardie stuk rots
wat die korrekte edelmetaal bevat wat die mynbase verlang

aan die einde van sy uitputtende skof
smag hy na ‘n koekie seep
om die stof en sweet van sy moeë liggaam mee af te was

op die sportveld
dryf die sportman sy liggaam tot die uiterste krag
om die korrekte punte te behaal wat die sportbase verlang

aan die einde van sy uitmergelende spel
smag hy na ‘n koekie seep
om die sweet en pyn van sy moeë liggaam mee af te was

op die oorlogsveld
veg die soldaat met bomenslike krag
om die sukses te behaal wat die oorlogsbase verlang

aan die einde van sy bloedige geveg
smag hy na ‘n koekie seep
om die bloed en skrapnel van sy deurboorde liggaam mee af te was

in die dieretreintrok
probeer die oorlogsgevangene met sy laaste krag
om die bestemming te bereik waarheen die trein hom neem

aan die einde van sy vreesbevange reis
smag hy na ‘n koekie seep
om die liggaamsvuil en lyding van sy lewensmoeë liggaam mee af te was

dit was daardie verlange na ‘n koekie seep
wat soveel mense deur die Nazi-gaskamers
na hul dood gedryf het
Vorige onderwerp: ek en jy
Volgende onderwerp: ons moedertaal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 17:48:07 MGT 2024