Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Ware PW
Die Ware PW [boodskap #13914] Ma, 20 April 1998 00:00 na volgende boodskap
Sizwe  is tans af-lyn  Sizwe
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Junior Lid
PW Botha, in 1985, het die volgende te se gehad.

"my beloved white afrikaners, greetings to all of you brothers and sisters in
the name of our holy blood .... pretoria had been made by the white mind for
the white man ... we are superior people ... the republic of south africa ...
has not been created by wishful thinking. We have created it at the expense of
intelligence, sweat and blood ... intellectually we are superior to the Blacks;
that has been proven beyond any reasonable doubt over the years ... isn't it
plausible (therefore) that the white man is created to rule the black man?
By now everyone has seen it practically that the blacks cannot rule themselves.
Give them guns and they will kill each other. They are good in nothing else
but making noise, dancing, marrying many wives and indulging in sex ... our
experts should work day and night to set the black man against his fellow man.
His inferior sense of morals can be exploited beautifully. And here is a
creature that lacks foresight ... the average black does not plan his life
beyond a year.... we cannot stand and watch all the laurels we have created
being plundered by these barbaric and lazy kaffirs ... I am sending a special
request to all Afrikaner mothers to double their birth rate ... we should
engage higher gear to make sure that black men are separated from their women
and fines be imposed upon married wives who bear illegitimate children"

Apartheidsvark? Nee, net plein vark. So ook almal wat hierdie gemors hier
prys met mooi so's en wat nog. (Die primere bron vir hierdie uittreksel is
apparently die Sunday Times, Augustus 18, 1985, onder die by-lyn David G.
Maillu. Die sekondere bron is Ani, M. (1994). Yurugu. Trenton, NJ; AWP)
Re: Die Ware PW [boodskap #13931 is 'n antwoord op boodskap #13914] Di, 21 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Galjoen!  is tans af-lyn  Galjoen!
Boodskappe: 44
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Volle Lid
As PW 'n kaptein van 'n skip was, sou hy verantwoordelikheid moes
aanvaar vir waarheen hy dit gestuur het. Maar hy wil nie.

Maar nee, hy het sy land gestuur op 'n fokop apartheids ysberg af,
en die bemanning en passasiers mislei. Nou neuk die stukkende boot
met 'n onbeholpe bemanning voort. Dit kon soveel beter gewees het.

Het mens dan voorbeelde nodig om te weet watse vark hy was ?
Hy is soos daai ou wat in die reddingsboot saam met die vrouens en
kinders
insluip, en dan vir almal wil vertel hoe onskuldig hy was.
Hy is 'n lafaard. Hy moet voor die publiek in 'n openbare hof kom
verantwoording doen. Nie skuil agter slim wettighede en baie geld nie.

Die bliksem het genoeg geld om 'n moerse duur nuwe huis te koop en
nog 'n nuwe vrou aan te hou ook.

Smyt hom en Winnie in die tronk op Robbeneiland (sonder kos)
en smyt die sleutel weg.
Re: Die Ware PW [boodskap #13932 is 'n antwoord op boodskap #13914] Di, 21 April 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Hmmm.... Die soort trol was Sizwe hier gepos het lees ek gewoonlik nie - as
hy dit nie in Afrikaans ingelui het nie sou ek dit nou ook nie gedoen het
nie. Maar ek het toe bietjie gaan kyk snuffel aan die aas wat ons vrolike
vriend hier opgedis het:

1) Die Sunday Times se argifaris ontken dat daar ooit 'n David G.
Maillu vir hulle gekryf het (of enige ander Maillu).

2) Die naam "Maillu" kom nie op in enige van die bestaande elektroniese
argiewe
van koerante in SA nie. Daar is ook nie een mens met daardie van in die
Johannesburgse of Pretoriase telefoonboek nie. Die name Maila, Maile en
Mailula kom wel redelik algemeen onder Suid-Afrikaners voor.

3) Daar is wel 'n Keniaanse skrywer David G. Maillu wat kinderverhale en
later ander fiksie geskryf het, sowel as 'n vroeë sosiologiese werk. Daar is
'n Webblad oor hom by:
http://www.higashi.hit-u.ac.jp/~jwijwi/odha/maillu.html maar daar is nie
veel in nie. Titels onder sy naam sluit in:

Maillu, David G.
1988 Our Kind of Polygamy, Nairobi: Heinmann Kenya. Maillu details the
reasons for African polygamy. He contends there is strong love in polygamous
marriages. The Christian objection is discussed as well as recommendations
for successful polygamous unions.

David G. Maillu, Broken Drum. Nairobi, Kenya: Jomo KenyattaFoundation and
Maillu Publishing House, 1991. ISBN:9966862137.Probably the most important
African novel of the nineties.Shows with gripping story telling (covering
200 years ofhistory and the present) that the African dilemma is not
economically linked only but a matter of broken identity,dividing whole
nations. -- Alex Timo Purr, M.A. AfricanStudies, Ludwig Maximilian
University, Munich, Germany

4) Die woordkeuse, sinsbou en idioom is nie die van 'n Afrikaanssprekende
wat Engels praat nie (wat PW beswaarlik sou doen as hy Afrikaners
aanspreek). As vertaling van 'n Afrikaanse teks is dit onwaarskynlik dat die
Sunday Times sulke swak werk sou aanvaar.

5) Hoe sou 'n Keniaan iets wat PW in Afrikaans gesê het betroubaar in
Engels kon vertaal? Dit suggereer dat die Keniaanse Maillu beslis nie as 'n
betroubare "primôre bron" beskou kan word nie.

6) Die sentimente wat uitgespreek word was in 1985 (of te enige ander
tyd) aanvaarbaar vir slegs 'n baie klein persentasie Afrikaners (ek skat <
6%). So 'n uitspraak in 1985 sou waarskynlik 'n veel spoediger einde aan sy
politieke loopbaan gebring het.

7) So 'n obskure bron is die enigste waarin sulke uitsprake deur PW Botha
gerapporteer word? Die Sunday Times het nie hoofberigte daaroor geplaas nie?
Geen redaksionele kommentaar nie? Dit het nie eens Time Magazine gehaal nie?

8) Oor die "sekondêre bron" wat Sizwe aanhaal:

Yurugu; An African-Centered Critique Of European Cultural Thought And
Behavior
Author: Ani, Marimba
Pages: 636
Publication Date: Apr 1994
Publisher: Africa World Press
US cover price: US$21.95

"The author removes the mask from the European facade of universalism. She
reveals the philosophical underpinnings and singular focus of European
devotion to world domination. A compelling indictment of White supremacy.
Now in its seventh printing. "

Ek het nog selde gevind dat skrywers uit die stal van "Afrika World Press"
(met 'n "k", soos party dit spel) na 'n bron buite die stal van
Afrika-skrywers verwys soos wat me Ani hier met die Sunday Times doen.
Miskien voorsien sy nie dat iemand die boek lees wat wel die Sunday Times
sou wou naslaan nie?

Ek wonder of daar iemand is wat naby 'n tak van die Staatsbiblioteek woon of
werk - in Kaapstad, Pretoria, Bloemfontein of Durban - of naby die Sunday
Times se kantoor.

Dit sou baie interessant wees as iemand hierdie uitgawe van die Sunday Times
sou gaan naslaan. (Johanna, is jy nie naby die een in Pretoria-middestad
nie? Sorg net dat jy in 'n groep van ten minste vyf beweeg as jy soontoe
gaan.)

Ek vermoed ons sal een van die volgende vind:

1) Die teks het wel in die Sunday Times verskyn, maar in
'n spottende berig deur 'n rubriekskrywer of in 'n lesersbrief - met
duidelike aanduidings dat dit 'n verbeeldingsvlug is. Of dit verwys na iets
wat Maillu geskryf het, om te toon watter sot dinge skrywers uit Afrika soms
mee vorendag kom.
2) Die teks het wel in die Sunday Times verskyn, in 'n boekresensie of
iets oor of deur Maillu (heel moontlik - as Maillu beweer dat Botha hierdie
uitsprake gemaak het, sou ek graag sy bronne wou nagaan - indien hy dit
gee - soos gesê, kan hy beswaarlik die "primôre bron" wees).
3) Die teks het wel in die Sunday Times verskyn, maar dit was iemand
anders wat dit gesê het (hoewel ek nie kan dink wie nie - selfs Eugene
Tereblanche sou beswaarlik sommige van die dinge hieronder gesê het).
4) Sommige dele van die teks het wel in die Sunday Times verskyn, en
beweer dat Botha wel die dinge hieronder gesê het - heeltemal buite konteks
en in die dertiger- en veertigerjare, en nie in 1985 soos Sizwe beweer nie
(dit was die dae to die woord "kaffer" nog algemeen in die parlement gebruik
is, en in Hansard opgeteken is, toe lande soos Swede, Switserland en
Oostenryk sigeuners en ander mense gesteriliseer het om rassesuiwerheid te
bewaar, toe Australië inboorlingkinders van hul ouers verwyder het.) As dit
die geval was, moet heelwat van die
teks uit iemand se duim gesuig wees. (Moontlik, maar onwaarskynlik. Ek
twyfel of enigeen in daardie jare daarin belang gestel het om
PW se uitsprake op te teken.)
5) Die teks het hoegenaamd nie in die Sunday Times verskyn nie. (Dis die
een waarop ek wed.)

Enige van hierdie opsies sou natuurlik heel vernietigend wees vir die
reputasie van ene "Ani M" - en natuurlik, vir Sizwe wat die nonsens vir
soetkoek opeet.

En veelseggende kommentaar op die liggelowigheid van 'n publiek wat 'n mark
verskaf vir die werke van van sulke skrywers en uitgewers.

Ten slotte herinner dit mens aan die omvang van die disinformasie waarop
die internasionale persepsies van Suid-Afrika en die Afrikaners in besonder
gegrond is - maar daaraan herinner Gloudina ons in elke geval gereeld, nie
waar nie? (Ek wet Gloudina glo, soos Sizwe en Onrusstoker, vas dat PW Botha
wel
die woorde hieronder in 1985 ge-uiter het. Dit klink nogal baie na die soort
waansinnighede wat sy heeldag op die nuusgroep kwytraak.)

Ek reken hierdie stukkie aas is tipies van die absolute twak wat vir die
waarheid oor Afrikaners verkoop word - en met genot deur die Onrusstokers en
Gloudinas van die wêreld opgeslurp word. Die soort van ding wat die
persepsies skep wat mense in die buiteland in gedagte het wanneer hulle paat
van "apartheid".

Plaaslik het dit bloot die effek dat mens sulke dinge ophou lees. En as jy
soortgelyke beweringe kry oor marteling en mishandeling in tronke glo jy dit
ook nie - want dit kom maar uit 'n soortgelyke bron - in hierdie geval die
Sunday Times, onthou?

(As iemand die Sunday Times naslaan en die resultaat nie direk op die
nuusgroep wil plaas nie, stuur dit aan my per private e-pos. Ek sal ook 'n
faksnommer verskaf as daar enigiets in die Sunday Times was waarvan mens 'n
kopie kon maak. Ek sal met graagte die resultate op die NG plaas.)

Vriendelike groete, Leendert

Sizwe wrote in message 199804201447...@ladder03.news.aol.com>...
>
> PW Botha, in 1985, het die volgende te se gehad.
>
> "my beloved white afrikaners, greetings to all of you brothers and sisters in
> the name of our holy blood .... pretoria had been made by the white mind for
> the white man ... we are superior people ... the republic of south africa ...
> has not been created by wishful thinking. We have created it at the expense of
> intelligence, sweat and blood ... intellectually we are superior to the Blacks;
> that has been proven beyond any reasonable doubt over the years ... isn't it
> plausible (therefore) that the white man is created to rule the black man?
> By now everyone has seen it practically that the blacks cannot rule themselves.
> Give them guns and they will kill each other. They are good in nothing else
> but making noise, dancing, marrying many wives and indulging in sex ... our
> experts should work day and night to set the black man against his fellow man.
> His inferior sense of morals can be exploited beautifully. And here is a
> creature that lacks foresight ... the average black does not plan his life
> beyond a year.... we cannot stand and watch all the laurels we have created
> being plundered by these barbaric and lazy kaffirs ... I am sending a special
> request to all Afrikaner mothers to double their birth rate ... we should
> engage higher gear to make sure that black men are separated from their women
> and fines be imposed upon married wives who bear illegitimate children"
>
> Apartheidsvark? Nee, net plein vark. So ook almal wat hierdie gemors hier
> prys met mooi so's en wat nog. (Die primere bron vir hierdie uittreksel is
> apparently die Sunday Times, Augustus 18, 1985, onder die by-lyn David G.
> Maillu. Die sekondere bron is Ani, M. (1994). Yurugu. Trenton, NJ; AWP)
Re: Die Ware PW [boodskap #13965 is 'n antwoord op boodskap #13914] Wo, 22 April 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Onrusstoker heeft geschreven in bericht ...
> As PW 'n kaptein van 'n skip was, sou hy verantwoordelikheid moes
> aanvaar vir waarheen hy dit gestuur het. Maar hy wil nie.

[...]

> Hy is 'n lafaard. Hy moet voor die publiek in 'n openbare hof kom
> verantwoording doen. Nie skuil agter slim wettighede en baie geld nie.

Jy weet darem regtig nie wat aangaan nie, nie waar nie?

Die WVK het hul bes probeer om hom te kry om /in camera/ voor hulle te
verskyn, in plaas van voor die hof.

Hy het gekies om voor die publiek in 'n openbare hof te verskyn - tot die
ontsteltenis van die WVK, want dis die laaste ding wat hulle wil hê!

So jou slegsêery is nie op feite gegrond nie, maar op wanopvattings, nie
waar nie?

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Nog meer inligting vir Minnesota-Nico
Volgende onderwerp: P.W.BOTHA ondersteuners
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 03 04:40:24 MGT 2024